Meer Oor Ons

Die span by Wiskunde Meneer het hierdie produk begin saamstel tydens die 2020 Lockdown toe ons sien hoe Wiskunde as 'n vak verlore gaan.

Tans is daar 'n baie groot aanvraag in Suid-Afrika vir wiskunde hulpmiddels. Die vraag "Hoe gaan ons wiskunde in Afrikaans bevorder en dit bekostigbaar hou?" het ons lank gevat om beantwoord te kry. YouTube en ander platvorms het reeds ongelooflik baie hulpmiddels vir wiskunde maar ongelukkig min in Afrikaans.  So spring ons weg en ons eerste produk is uitgestuur in Augustus 2022. 

Ons bied wiskunde hulpmiddels vir Graad 7 tot 12 wat in die vorm van 'n handboek kom. Elke opsomming het `n unieke QR kode wat jy met jou foon of tablet skandeer en dit maak dan 'n video oop wat die werk verduidelik.  Elke boek wat gekoop word, word aangehêg aan 1 leerling. Die leerling kan net op 1 selfoon of tablet inteken en ook net deur die QR kodes. Daarom is die produk nie ontwikkel vir rekenaars of Laptops nie aangesien jy `n kamera nodig het om die QR-kode te skandeer.

Wiskunde is daar om probleme op te los,  nie om nog te veroorsaak nie :)