FAQ

 LEES ASSEBLIEF ONS "FREQUENTLY ASKED QUESTIONS" DEEGLIK DEUR.  SOU EEN VAN DIE VRAE HIER NIE JOU VRAAG BEANTWOORD NIE, TREE ASSEBLIEF IN VERBINDING MET ONS OP WHATSAPP OF EPOS.

VRAAG 1: IS HIERDIE PRODUK BESKIKBAAR IN ENGELS?

  • ONS PLATVORM IS SLEGS TOEGANKLIK IN AFRIKAANS ONGEAG VAN GESLAG, OUDERDOM OF RAS.
  • ONS HET WEL SEKERE VAN ONS HANDBOEKE OOK IN ENGELS BESKIKBAAR. 

VRAAG 2: HOE WORD ONS BOEKE VERSEND EN HOE LANK NEEM DIT VIR MY OM MY BOEK TE KRY? 

  • ONS BOEKE WORD GRATIS MET COURIER GUY VERSEND.  
  • ALLE BESTELLINGS WAT VOOR 13:00 OP WERKSDAE GEPLAAS WORD, WORD NOG DIESELFDE DAG AAN DIE KOERIERS OORHANDIG. ALLE BESTELLINGS NA 13:00 WORD DIE VOLGENDE DAG OORHANDIG AAN KOERIERS. ALLE BESTELLING OOR 'N NAWEEK WORD DIE MAANDAG VERSEND. 
  • NADAT DIE BESTELLING OORHANDIG IS AAN DIE KOURIERS WORD 'N EPOS UITGESTUUR MET WAYBILL NOMMER WAT GEBRUIK KAN WORD OM DIE BESTELLING TE "TRACK". 

VRAAG 3:  GEE ONS AANLYN KLASSE?

  • NEE, ONS VIDEO LESSE IS VOORAF OPGENEEM EN ONS BIED GEEN "LIVE" KLASSE AAN NIE.

VRAAG 4:  HET EK DATA NODIG OM DIE VIDEO LESSE TE KYK?

  • JA JY HET MOBIELE DATA OF `N WIFI VERBINDING NODIG OM DIE VIDEO LESSE TE KYK.  DIE KOSTE VAN DIE DATA IS VIR JOU EIE REKENING.

VRAAG 5:  KAN JULLE MY HELP MET WISKUNDE VRAE, HUISWERK OF OPDRAGTE?

  • ONGELUKKIG NIE, HIERDIE IS `N PRODUK EN NIE `N DIENS NIE, DAAROM VERLEEN ONS GEEN HULP RAKENDE WISKUNDE VRAE, HUISWERK OF OPDRAGTE NIE.

VRAAG 6:  HOE LANK HET EK TOEGANG TOT DIE VIDEO LESSE?

  • JY HET TOEGANG TOT JOU VIDEO LESSE VIR 365 DAE NA DIE AANKOOP VAN JOU HANDBOEK. 

VRAAG 7 :  KAN EK OP MEER AS EEN "DEVICE" TERSELFDE TYD INTEKEN?

  • NEE, DIE EPOS WAARMEE JY INTEKEN, IS JOU USERNAME EN JY KAN SLEGS OP EEN DEVICE OP `N SLAG TOEGANG TOT JOU VIDEO LESSE Hê.  MOET NIE JOU ACCOUNT INLIGTING DEEL MET ANDER STUDENTE NIE WANT ANDERS GAAN JY NIE TOEGANG TOT JOU HANDBOEK SE VIDEO LESSE Hê NIE.

VRAAG 8:  EK HET MY WAGWOORD VERGEET, WAT NOU?

  • AI TOG, TOEMAAR DIT GEBEUR MET ONS ALMAL.
  • Gaan na www.wiskundemeneer.co.za,  kliek op MY VIDEOS, en dan onder op FORGOT PASSWORD. 
  • AS JY ENIGSINS SUKKEL STUUR ONS 'N EPOS EN ONS RESET DIE PASSWORD VIR JOU :) 

    wiskundemeneerptyltd@gmail.com

VRAAG 9:  BELANGRIKE TERME EN VOORWAARDES VIR DIE GEBRUIK VAN DIE HANDBOEK:

  • MET DIE GEBRUIK VAN DIE HANDBOEK AANVAAR JY DIE VOLGENDE TERME EN VOORWAARDES: 
  • MET DIE GEBRUIK VAN HIERDIE BOEK VERSTAAN JY DAT DIT SLEGS `N AANVULLING TOT JOU SKOOL-WISKUNDE IS, EN DIT VERVANG NIE JOU SKOOLHANDBOEK OF ONDERWYSER NIE.  OM HIERDIE REDE WORD DIE WISKUNDE MENEER EN OUTEUR GEVRYWAAR VAN ENIGE WEGLATINGS OF FOUTE WAT DALK MET DIE OPSTEL VAN HIERDIE REEKS KON INSLUIP.  INDIEN ENIGE FOUTE OPGETEL WORD KONTAK ONS PER EPOS DAT ONS WYSIGINGS KAN AANBRING VIR DIE VOLGENDE UITGAWE.
  • GEEN GEDEELTE VAN HIERDIE BOEK MAG OP ENIGE WYSE GEDUPLISEER, VERSPREI OF GELEEN WORD SONDER DIE SKRIFTELIKE TOESTEMMING VAN DIE OUTEUR NIE.
  • HIERDIE BOEK WORD BESKERM VOLGENS DIE SUID-AFRIKAANSE KOPIEREG WET EN DIE INHOUD BLY DIE INTELLEKTUELE EIENDOM VAN DIE OUTEUR.
  • DIE VIDEO LESSE IS SLEGS AANVULLEND TOT DIE BOEK EN DIE WISKUNDEMENEER PTY LTD BEHOU DIE REG TOE TOT WYSIGING/VERWYDERING VAN VIDEO LESSE SONDER KENNISGEWING.
  • OUTEUR BESONDERHEDE:  H.C. KRUGER (PGCE: VOO FASE WISKUNDE) EERSTE UITGAWE 2022